(On September 17, 1994, Alabama’s Heather Whitestone was selected as Miss America 1995.)
Question: If you could live forever, would you and why?
Answer: “I would not live forever, because we should not live forever, because if we were supposed to live forever, then we would live forever, but we cannot live forever, which is why I would not live forever,”
Miss Alabama in the 1994 Miss USA contest.
“Whenever I watch TV and see those poor starving kids all over the world, I can’t help but cry. I mean I’d love to be skinny like that, but not with all those flies and death and stuff.”
Mariah Carey
“Smoking kills. If you’re killed, you’ve lost a very important part of your life,”
Brooke Shields, during an interview to become spokesperson for a federal anti-smoking campaign .
“I’ve never had major knee surgery on any other part of my body,”
Winston Bennett, University of Kentucky basketball forward.
“Outside of the killings, Washington has one of the lowest crime rates in the country,”
Mayor Marion Barry, Washington , DC .
“It isn’t pollution that’s harming the environment. It’s the impurities in our air and water that are doing it.”
Al Gore, Vice President
“I love California . I practically grew up in Phoenix .”
Dan Quayle
“We’ve got to pause and ask ourselves: How much clean air do we need?”
Lee Iacocca
“The word “genius” isn’t applicable in football. A genius is a guy like Norman Einstein..”
Joe Theisman, NFL football quarterback & sports analyst.
“We don’t necessarily discriminate. We simply exclude certain types of people.”
Colonel Gerald Wellman, ROTC Instructor.
“Your food stamps will be stopped effective March 1992 because we received notice that you passed away. May God bless you. You may reapply if there is a change in your circumstances.”
Department of Social Services, Greenville , South Carolina
“Traditionally, most of Australia’s imports come from overseas.”
Keppel Enderbery
“If somebody has a bad heart, they can plug this jack in at night as they go to bed and it will monitor their heart throughout the night. And the next morning, when they wake up dead, there’ll be a record.”
Mark S. Fowler, FCC Chairman
En dan het ons gedink ons het narre in hoë posisies in ons land!
Die blog inskrywings wat my altyd sal bybly, het Merrieperd gevra.
Dis ‘n helse taak, want ek lees al 3 jaar lank blogs en van die snaaksste, roerendste en insiggewendste inskrywings is deur mense gedoen wat nie meer blog nie, hul blogs delete het of dit op privaat gestel het. Hier dink ek aan mense soos Roer, Ding, die Reverend en ook Bertus se inskrywing oor dolfyne. Daar is inskrywings wat nou beskerm word wat ek nooit sal vergeet nie en dankbaar is dat ek dit wel kon lees, soos Vlam se Brief vir Pa.
Daar is ook inskrywings wat reeds genoem is, soos die by Dellie en Girl.
Ek sal meer as een inskrywing nodig hê as ek almal moet opnoem wat my hart geraak het of my lagspiere oortyd laat werk het. Ek gaan dus volstaan by die wat ek nog altyd sommer so uit die vuis uit kan onthou.
Demoerin, ek noem hierdie met die grootste respek en deernis, maar hierdie inskrywing van jou kon ek nog nooit vergeet nie. Dit het my aangeraak soos min ander.
Dan was daar ook
George se Daar is net die dans
Voetjies se hartseer storie oor ‘n straatnaam
Gaan lees hulle self, niks wat ek sê of vertel sal reg laat geskied aan die oorspronklike inskrywings nie. Hierdie is almal vir my besonders en ek het al vele male teruggekeer om dit weer te lees. Dis skrywes wat hopelik nooit verlore sal gaan nie.
Laastens, maar nie die minste nie, en in veel ligter luim, het ek Flintie se gesig ene omtrent geniet. Doet so voort!
PJ se post oor manne wat “groom” met parfuum en room, het my weer van een van my en Lisa, my sus, se eskapades laat onthou. Snaaks hoe iets soms ‘n lank reeds weggeberê onthou kan trigger.
Omdat ons op die plaas grootgeword het, het ons maar altyd stad (of dan voorstede) se kant toe geneig as ons wou ‘uitgaan’. Dié aand is ons na ‘n destydse disko, ek dink die plek se naam was Soundwave, die keer net ek en sy. Ons was (en is nog steeds) mal oor dans en het niks daarvan gedink om meisie-alleen te gaan dans nie. Ons het gewoonlik nie gesukkel om dansmaats te kry nie en ons is mooi geleer van al die gevare.
Ons het niks wat oop is by enige iemand gevat om te drink nie en ons het gou ontslae geraak van lasposse. Ek glo nie onse ma het haar ooit bekommer dat ons iets geweldadigs sal oorkom omdat ons meisies is nie, maar dalk wel omdat ons iemand te ver gedryf het met ons gekskeerdery.
Ons het die lewe lig gevat en die ouens nog ligter. (Ek dink ons word vandag nog gestraf daaroor)
Alle geval, ons kom toe laterig by die dansplek aan en die beste tafels is reeds gevat. Uiteindelik kry ons sitplek amper reg by een van daai massiewe luidsprekers, met die gevolg dat ons mekaar nie juis kon hoor praat nie. As iemand ons vra om te dans, steek hulle mos maar net ‘n hand uit, so praat is ook nie juis nodig nie. As ek en Lisa vir mekaar iets wil sê, dan sein ons dit in vingertaal. Dié het ons jare terug leer praat by ‘n dowe oom, ‘n vriend van ons ma-hulle. Deur die jare het ons baie pret gehad met die vinger-pratery, want julle kan nou net dink wat mens alles kan praat as ander jou nie kan verstaan nie!
So ent weg van ons tafel, was daar ‘n hengse groot spieël teen die muur. So met verloop van die aand, merk ons later hierdie een ou op wat net nie kan ophou by die spieël verbyloop sonder om homself te bekyk, sy hare reg te druk met sy vingers en sommer net in die algemeen te pronk nie. Hy was nogal sag op die oog, maar duidelik heel verlief op homself. Hy moes seker agtergekom het ons kyk vir hom en dit interpreteer het as belangstelling, min wetende wat ons werklik dink.
Toe ek agterkom hy “eye” ons, sein ek vir Lisa ek het nie lus vir hom nie. Sy sein terug sy ook nie, want sy sien nie kans vir iemand wat langer voor die spieël gaan deurbring as syself nie. Ons lag nog daaroor, toe tik hy my op die skouer.
Ek kyk om en hy sak af en skree-vra in my oor; “Is sy doof?” Ek besef hy moes my vroeër met ‘n bekende gesien praat het, maar dat Lisa nog met niemand gepraat het nie en die duiwel kom sit natuurlik blitsig en vierkantig op my skouer.
“Ja, sy is.”
Intussen het die musiek opgehou en hy praat sagter. ”Nou hoe kan sy dan dans as sy nie die musiek kan hoor nie?”
Aha, jy het ‘n bietjie breins, dink ek, maar ek flinkdink en antwoord; “Sy voel die maat van die musiek aan deur die trillings in die vloer. Dowe mense se gevoels- en ander sintuie is baie goed ontwikkel.”
“Oo.” En die sot glo my!
Ek sien Lisa is dik van die lag en die duiwel dans ‘n riel hier op my skouers. Net voor die musiek weer begin, sê ek vir hom; “Maar sy verstaan lippetaal ook, jy moet net reguit vir haar kyk en jou woorde baie duidelik en rond vorm.” En ek demonstreer vir hom met BAIE beweeglike lippe.
“Okay.” En hy maak hom sommer tuis, langs my en regoor haar, leun oor en begin:
“H-e-l-l-o, e-k i-s K-o-b-u-s.” Ensovoorts.
Maar toe Lisa hom begin terug antwoord op dieselfde gapende-vis-op-droë-grond manier in so ‘n dooie toonlose stemtoon, moet ek vinnig sluk aan die lag en is te dankbaar toe ek ‘n hand sien wat my vra vir die dans.
Terug na my dans, sit hy nog steeds asof hy geplant is en klank sy woorde asof hy Graad 1’s leer spel. Sy vinger-sein vir my; “Fok, ek raak moeg net om vir sy gapende mond te kyk. Maak ‘n plan!” Hy wil weet wat sy sê. Ek antwoord; “Sy sê jy is moerse nice.”
Hy vat-vat weer so aan sy hare en lyk vreeslik ingenome en sien nie eers sy lyk of sy my kan moor nie. Nodeloos om te sê, ons is nie lank daarna nie huis toe. Die ou wou nog adresse uitruil, toe spel Lisa vir my sy bliksem my as ons nie dadelik verskoning maak nie en toe ons buite kom, laat sy my duidelik verstaan:
“Volgende keer is JY die dowe een wat opgesaal word met die idioot!”
Dit was toe ook die volgende keer so, maar dié keer was ons in die kerk en ek het die ‘idioot’ (nie dieselfde een as hierbo nie!) toe later beter leer ken en so baie ge-like dat ek vier jaar lank met hom uitgegaan het!
Vlam het my vanaand ver teruggevat toe sy skryf oor ‘n inskrywing wat ek in Maart 2008 op my ou blog gedoen het. Aangesien my Muse nog nie agtergekom het Krismis en Nuwejaar is lankal verby nie en nog al die pad vakansie hou en ek dus nog steeds kreatief ‘n zero is, herhaal ek die inskrywing hier, vir die wat dit nooit raakgelees het nie.
Verlange lê in ‘n reuk.
Verlange na ‘n geliefde wat dood of sommer net weg is, as die reuk van daardie persoon se parfuum of naskeermiddel skielik tussen ander mense verby jou warrel. Jy ruk tot stilstand en die onthou hardloop bo-oor jou. Jy vergeet waarheen jy oppad was of waarvandaan jy gekom het. Jy staan in jou spore versteen en jy lewe ‘n halwe leeftyd in sekondes. Mense loop in jou vas en jy beweeg soos ‘n slaapwandelaar vorentoe, maar die wond bloei rooi, die roof is weg, al het jy gedink dis lankal gesond. En soos jy loop, bloei jou hart uit agter jou. As mense kon sien, sou hulle jou bloedspoor kon volg. Maar mense sien nie.













