Sonkind on November 20th, 2008

Dis nie dat ek nie van honde hou nie, ek hou net baie meer van katte. Katte het styl, hulle is onafhanklik, hulle is arrogant. ‘n Hond verafgod sy eienaar, ‘n kat glo sy eienaar moet hom verafgod. Arrogant verby, ja.

Katte is statig. Honde is so onelegant, so onbeheersd. Hulle slobber oor hul eienaar en sletter onbeheersd rond van blydskap, net omdat hul eienaar hom verwerdig het om aandag te gee aan hond se kind.
‘n Kat sal homself nooit so verneder nie. ‘n Kat is koninklik.
Ja, ja, ek weet, honde liefhebbers gaan my nou gerus kan afslag. Nogtans, ek bly ‘n katmens.
Hier is ‘n paar interessanthede oor katte:
Daar is ‘n skoenlapper in Afrika wat genoeg gif in sy lyf het om ses katte mee te kan doodmaak.
Studies het bewys dat ‘n kat wat vanaf die sewende vloer val, se kanse om te oorleef dertig persent minder is as dié van ‘n kat wat vanaf die twintigste vloer val. Blykbaar neem dit ongeveer agt vloere vir ‘n kat om te besef dat hy besig is om te val, sy lyf te ontspan en reg te maak vir die landing.
Die gemiddelde huiskat weeg 5 kilogram.
Tylenol en sjokolade is ewe giftig vir katte.
Die voorvader van alle huiskatte is die Afrika Wildekat, wat vandag nog bestaan.
In antieke Egipte kon ‘n mens gestraf word met die doodsvonnis as jy dit sou waag om ‘n kat dood te maak.

In antieke Egipte is katte gebalsem na hulle dood en gebalsemde muise is saam met hierdie katte in hul grafte geplaas - seker vir ete. In een antieke stad is meer as 300 000 kat mummies gevind.

In die Middeleeue, gedurende die Fees van St John, is katte lewendig verbrand op die dorpsmeent.

Die eerste katskou was in 1871 by die Kristalpaleis in Londen.

Tans is daar ongeveer 100 onderskeie spesies van die huiskat.

Net soos voëls, het katte ook ‘n ingeboude “homing device” wat hulle kan laat terugkeer na hul tuistes. Hulle gebruik ‘n kombinasie van hulle biologiese horlosie, die stand van die son en die aarde se magnetiese veld. ‘n Kat wat ver weggeneem word van sy huis, sal altyd weer sy pad kan terugvind, maar as die kat se eienaars wegtrek en die kat agterlaat, kan die kat hulle nie weer opspoor nie.

Jag is nie instinktief by katte nie. ‘n Klein katjie wat nie deur sy ma geleer word om te jag nie, sal nooit weet hoe om te jag nie.

Katte begrawe hulle uitwerpsels om hul spoor te bedek vir ander roofdiere.

‘n Mens kan ‘n kat leer om ‘n toilet te gebruik, om te sit, te vra vir kos, met sy voorpootjies te eet, op sy agterpote te staan, deur ‘n ring te spring, ‘n klavier te speel, te maak asof hy dood is, om te rol, ‘n deur oop te maak, kos in ‘n boks weg te steek, iets te skud en iets te gaan haal wat jy gegooi het.

Katte slaap tussen 16 en 18 ure per dag.

Wanneer katte slaap, is hulle steeds bedag op wat rondom hulle gebeur. As jy ‘n slapende kat se stert aanraak, sal die kat onmiddellik reageer.

In Brittanje glo mense dat swart katte gelukbringers is.

Behalwe hulle neuse, het katte ook ‘n ekstra reuksintuig, naamlik die Jacobson orgaan, wat geleë is in die boonste deel van die kat se mond.

Die chloor in vars kraanwater irriteer die sensitiewe dele in ‘n kat se neus. Laat kraanwater eers vir 24 uur staan voordat jy dit vir jou kat gee om te drink.

Die gemiddelde kat se maaltyd is gelykstaande aan ongeveer vyf muise.

Die meeste wit katte met blou oë is doof. Wit katte met net een blou oog, is doof in die oor naaste aan die blou oog. Wit katte met gewone kleur kat oë, is nie doof nie.

Deur ‘n kat te laat steriliseer, verleng jy sy lewe met twee tot drie jaar.

Swanger vroue moenie naby kat uitwerpsel kom nie, want dit bevat ‘n organisme wat die ongebore kind kan affekteer en selfs ‘n miskraam kan veroorsaak.

Tien mensjare is gelyk aan ongeveer 60 katjare. ‘n Kat van een jaar oud is omtrent gelyk aan ‘n mens van 18 jaar oud.

VIVA la Cat!

13 Responses to “Katte”

  1. Mal oor kietsies! Het hulle as klein dogtertjie gaan makmaak tussen die sakke vol mielies op die plaas en in die huis ingesmokkel. Tot my pa, wat erg allergies vir hulle is, se ergernis. Tot vandag toe nog is ek ‘n halwe mens sonder ‘n kieter.

  2. Sonkind ek voel net so oor katte en honde as jy. Wat my afsit van honde is daai nat snoet wat hulle alewig teen my been of hand wil kom vasdruk.

    Ek wonder net oor daardie storie dat katte deur hul mammas geleer moet word om te jag. Ek het ‘n kat gehad wat ek gekry het toe sy nog so klein was dat sy nie eers geweet het hoe om melk op te lek nie. Haar ma het haar in my tuin alleen agtergelaat. Hierdie kat was op die ou ent ‘n bobaas muisvanger.

  3. Ek voel oor katte, honde, hamsters en gedroggies presies dieselfde. Ek voel n veer, mits hulle nie mishandel word nie.

  4. Cat lovers are good people.

  5. Miaau

    Two things are aesthetically perfect in the world - the clock and the cat.
    EMILE-AUGUST CHARTIER

    There’s no need for a piece of sculpture in a home that has a cat.
    WESLEY BATES

    There are two means of refuge from the miseries of life: music and cats.
    ALBERT SCHWEITZER

    You can’t look at a sleeping cat and be tense.
    JANE PAULEY

  6. oulik

    gemmerkatte is gewoonlik mannetjies en befoeterd

    torties (tortoiseshell) gewoonlik vroutjies

    swart en wit katjies met wit sokkies dierbaar dierbaar en so mak

    ons sokkies le op haar rug me haar pootjies in die lug, heeltemaal ontspanne die stitkamerbank is haar krap plek en niemand raas ooit met haar nie, mal oor die dingetjie, my dogtertjie het noudie dag ‘n storie oor haar geskryf, ek sal dit nog op my dogtertjie se blog sit

    lovies
    anny
    :)

  7. Katte is ook arrogante ateiste, nes ek.

  8. Nie lief vir kieters, hulle maak my nies! Maaar ek is BAIE lief vir enige ander dier!!

  9. Ek hou van katte, maar net op ‘n afstand - so allergies as kan kom!

  10. In 17de eeuse Europa het mense gewoonlik ‘n dooie kat saamgeneem na politieke vergaderings sodat hulle die spreker daarmee kon gooi (baie soos latere geslagte met tamaties sou doen).

  11. hi sonkind, ja, soos jy, was ek ook bietjie erg afwesig! wil sommer huil oor al die blognuus wat ek gemis het.
    maar 1 000 000 dankies vir hierdie puik post oor katte!! jy weet, ek is mos skoon kat bedinges en is besig met die beplanningstadium van ‘n boek oor katte. waar het jy al die info gekry?
    wanneer doen ons dai koffie? nog voor krismis??

  12. Ek wil graag weet my dogtertjie se katjie miaau (5mnde) amper die hele nag deur - Hoekom? Ons laat haar uitgaan, maar dan miaau sy nog steeds.
    Sy het haar bak en waterbak in huis.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Stoute katjie « Flippiefanus

Leave a Reply