Sonkind on May 7th, 2009

Dis nou al ‘n rukkie gelede wat Dellie die tandemskrywery begin het. Ek en Demoerin skryf saam en ons het besluit ons storie het bietjie woema nodig - so “fasten your seatbelts!” :twisted:

(Myne is in swart; Demoerin s’n in blou)

*******

Terselfdertyd tref dit Tiaan dis beslis nie die Majoor-hulle wat die huis opgeblaas het nie. Dis duidelik uit hul verskrikte weghardlopery dat hulle ook onverhoeds betrap is. Hy draai terug na Karen, maar sien dan aan die geskokte uitdrukking op haar gesig dat sy net so onkant gevang is. “Dit beteken dat… dat…,” stotter sy, “dat… Kobus een of ander ploftoestel op ‘n tydreëlaar laat installeer het. Een wat heelwaarskynlik geaktiveer is deur die gebruik van die tonnel se buitedeur. Hoekom op aarde sou hy so iets wou doen?”

Dis op daardie oomblik, met die stofwolke wat gaan lê het en die doodse stilte na die ontploffing, dat hulle vir die eerste keer bewus raak daarvan dat die Majoor en sy mense nêrens te sien is nie. Die plaas en die werf lê oop hier van bo af, maar daar is nêrens ‘n roering of ‘n teken van een van die vier nie. Dis asof die stof hulle ingesluk het. Tiaan swaai onrustig in die rondte, met die geweer gereed, maar daar is net mooi niks. Nie by die motor nie en ook nie by die helikopter nie. Dis asof selfs die blare aan die bome ophou beweeg het. ‘n Aaklige koue rilling gaan deur hom. Die enigste plek waar hy nie kan sien nie, is reg onder die lapa, besef hy ineens…

André kan sy geluk nie glo nie. Hy en sy manne lê nou reg onder die lapa. Die ontploffing het die perfekte afleiding gebied om hulle tot hier te kry. Ook natuurlik was die lapa die enigste plek wat skuiling tot die neerreën van stof en bou materiaal gebied het. Hy voel ‘n krieweling in sy keel en weet dit is irritasie van die stof. Met groot moeite onderdruk hy die kug. Die fynste geluidjie sal hulle wegkruipplek verraai en hy beduie vir die ander ouens om ook grafstil te wees. Vir die soveelste keer moet daar in hierdie einste dag ‘n nuwe plan beraam word, en om alles te kroon gaan dit met handgebare gedoen moet word. “Fok” sê hy vir homself binnesmonds, “dat twee mense met jaggewere nou die dag so kan uitrek. En nie eers te praat van die donnerse ontploffing nie!” Hy wens hy kon sy frustrasies uitgil en dinamiet onder hierdie lapa plant en hulle almal letterlik en figuurlik die ewigheid instuur. “Fok” dink hy weer ‘n keer, “As Sandra net nie in hierdie lapa was nie was daai ander twee lankal bokveld toe!” Hy verken sy omgewing met valkoë. Hy onthou die twee vensters wat na die huis, wel gewese huis, toe gekyk het, en neem aan daar is ‘n groter opening voor wat op die watergat uitkyk. “Die watergat,” dink hy, “al wat ons nou nog nodig het is ‘n honger leeu of twee om hierdie dag goed op te fok”. Hy sien aan die eenkant trappe wat uit die lapa na onder kom, asook ‘n ruïne van wat sekerlik die kliptrappe uit die tonnel in die lapa in was. Een met ‘n deur, die ander ‘n valdeur. “As ek dit kan verhelp, raak ek aan geen enkele verdere deur vandag nie” dink hy.

“Nog net so ‘n bietjie wikkel” dink Sandra by haarself. Daardie laataand-speletjies met André op haar hemelbed kom handig te pas. Sy het altyd by André gespog dat geen man haar ooit sal kan vasbind nie. “Nogal ironies dat kinky laatnag kafoefel nou dalk my lewe kan red” dink Sandra met ‘n glimlag by haarself. Met die ontploffing het sy die geleendheid gehad om sommer lekker wild te woel met die toue om haar gewrigte, maar nou gaan dit maar weer slakstadig om nie aandag op haarself te vestig nie. Terwyl sy so sukkel probeer Sandra solank ‘n plan formuleer, maar niks wil in plek val nie. Sy probeer aan tonele uit haar gunsteling flieks dink. James Bond, Kill Bill, Batman, Spiderman en selfs Naked Gun. Haar brein wil net nie idees orden nie. Skielik is haar hande los. “Great” dink Sandra ietwat sarkasties “ready to do, but no flippen idea what!”

Dis Sandra se effense verskuiwing om haar hande agter haar rug meer beweegruimte te gee, wat Karen se aandag trek. Sandra sien die besef oor Karen se gesig skuif en op daardie oomblik skop die adrenalien in. Sonder om te dink oor gewere en gevolge, duik sy ‘n laagvat na Karen wat enige rugbyspeler haar sou beny. Die opruk van die jaggeweer en die skoot wat vir Sandra bedoel was, is ver mis. Tiaan is heeltemal onkant gevang. Sandra het dit reggekry om die geweer uit Karen se hande te ruk en is besig om haar met die kolf te slaan oral waar sy plek kry. Die kous is nog steeds in haar mond, maar sy maak sulke dierlike geluide van woede, dat Tiaan vir oomblikke versteend staan. Dan hoor hy egter die geluide van onder die lapa en dit laat hom ontvries en oorgaan tot aksie. Met een beweging skop hy Sandra teen die kop, gryp die geweer uit haar hande en ruk haar regop en vas teen hom aan.

Dit is die prentjie wat Andre begroet toe hy die laaste trap uitstorm, die lapa in. “Ha nou, my liewe Majoor,” skree-gil Tiaan. “As jy hierdie pop wil lewendig hou, dan staan jy nou doodstil en luister jy baie mooi. Sê vir jou aanhangsels hulle moet hulle wapens weggooi, daar na links waar ek dit kan sien. Ja, en joune ook. En dan draai hulle nou ewe soet om en gaan wag daar anderkant by die boom, waar ek hulle almal mooi kan sien. En jy… jy kom saam met my en jou pop. Jy loop voor! Ons drietjies gaan bietjie vlieg. Net eers gou…;” en met daardie woorde draai hy net effens en skiet Karen asof dit ‘n lastige vlieg is. “Sorry vennoot, in hierdie game is two a croud. It was nice knowing you.” Dis toe wat André besef hy het hier met ‘n man te doen wat ver verby redelike perke is en hy wonder of hy en Sandra ooit lewendig uit hierdie gemors gaan kom.

Die skok, geweerskote en feit dat sy vir André lewendig sien is net te veel vir Sandra. Onwillekeurig word die krane oopgedraai en begin sy weereens te snik terwyl die druppels oor haar stofgepoeierde wange rol. “Ek gee ook nie meer om nie, Tiaan kan my ook nou maar skiet as hy wil” dink Sandra, “Ek bly tog maar net ‘n mens vasgevang in ‘n situasie wat voel of dit in ‘n Spielberg film hoort.” Skielik dink sy aan haar Ma. Hoekom, kan sy nie verstaan nie, tot Ma se laaste woorde aan haar klokhelder deur haar brein flits. So asof sy hier langs haar staan met daai “Ek het jou mos gesê” kyk in haar oë. “Wat jy saai, sal jy maai my kind. Daardie wiel draai, en hierdie dinge en mense waarmee jy jouself besig hou gaan nog jou einde beteken. Hoor wat jou Ma jou sê!” Al waaraan Sandra kan dink, is dat dit nooit só moes uitdraai nie. Dinge het nou té vinnig, té verkeerd geloop, maar selfs van ‘n tikkie verantwoordelikheid neem is daar geen teken nie. Selfs André se hand op haar skouer bring geen vertroosting nie en Sandra snik onverstoord voort.

“Net cool wees vir nou” dink André by homself terwyl die trio oor die bou-materiaal bestrooide werf in die rigting van die helikopter beweeg. Hy voor, met sy “Fok jou” houding, Sandra al snikkende in die middel, en Tiaan met sy “Ek het die geweer” houding in die agterhoede. ‘n Meer komiese situasie sal slegs in die Three Stooges te siene wees. Dit is onheilspellend stil op die plaaswerf, so asof die onploffing ook enige ander geluide verswelg het. André maak die paadjie korter deur te dink aan maniere om beheer oor hierdie situasie te verkry. Tiaan worstel met idees om seker te maak hy bly in beheer. Sandra strompel net saam, sy het alle beheer verloor.

André en Tiaan sien tegelykertyd die stofwolk in die plaaspad. Die volgende oomblik hoor hulle die dreuning en toe kom die rooi bakkie om die laaste draai. André is vir ‘n oomblik bevrees dat hier vandag nog onskuldige mense gaan sterf, maar staan stom verbaas toe hy die breë glimlag sien wat skielik oor Tiaan se gesig uitbreek. Die bakkie gooi ‘n swierige draai, kom tot stilstand en toe die deur oopswaai, is dit ‘n paar BAIE duidelike bene wat eers uitswaai, gevolg deur ‘n blonde meisie wat lyk asof sy uit een of ander modeltydskrif ontsnap het. Ten spyte van hom en Sandra se penarie, kan André nie help om die skoonheid te waardeer nie. Sandra het skoon vergeet om verder te huil en staar oopmond na die meisie wat doodluiters na hulle aangeloop kom.

“Tiaan, my skat,” lispel sy met ‘n hees stem wat enige man se bloed sal laat kook, “jammer ek is so effe laat, maar ek het dadelik gery toe ek jou sms kry. Ek sien jy het heel goed reggekom sonder my. Nie dat ek enigsins aan jou vermoëns getwyfel het nie.” En sy lek oor haar lippe op so ‘n manier dat André onwillekeurig ook oor sy eie lippe lek.

“Juliet, jy weet ook net wanneer om op te daag,” antwoord Tiaan, sonder om sy oë of die geweer van André en Sandra af te haal.

“Is dit nou onse Sandratjie? En hierdie, is dit die Majoortjie?” Juliet trek haar lang naels liggies oor Andre se voorarm. “Kan ek nie bietjie met hom speel voordat ons tot aksie oorgaan nie?” André is half vies vir homself toe hy voel hoe sy lyf hom verraai. Juliet se lag klink klokhelder op.

Tiaan se gedagtes skommel in ‘n blender. “Magtig Juliet, het jy die deel van die helikopter op die sms misgelees? Daai rokkie gaan die hele tyd om jou ore sit!” kry hy net-net sy woorde in verstaanbare sinne georden. Die effek wat hierdie katjie op enige volbloed man het, is duidelik te siene. Tiaan sukkel om sy oë op André en Sandra gefokus te hou. André lyk soos ‘n skoothondjie wat pleit vir ‘n kopstreel. Sandra, wel Sandra lyk soos ‘n kat wie se melk suur is. Die naels is ontbloot en haar oë skiet weerligstrale. Sandra voel nie net dadelik kwaad nie, maar sommer afgehaal ook. “Die vrou laat hierdie twee se hormone bokspring. Sy lyk of sy nou net ‘n make-over gehad het… en ek… ek lyk letterlik of ek agter ‘n bakkie in ‘n stofpad gesleep was,” dink Sandra vies “maar miskien kan dit later tot my voordeel wees.” Dis nou Sandra vir haarself en bogger die twee katoolse stoetbulle!

Die helikopter se lemme begin woer en verbreek die stilte wat na die ontploffing op die plaaswerf neergedaal het. Sandra en André is langs mekaar sit gemaak waar Tiaan hulle albei onder oog kan hou. Met die opstyg loer hy effe kant toe. “Dit is die mooiste fokken pilot in die wêreld dié, of hoe sê ek Majoortjie?” klink dit bo die kajuitgeraas uit. Sy oë wil amper nie weer terug op sy twee gevangenes fokus nie, want Juliet se eina-klein rok het nog so bietjie hoër teen daardie “wrap-my-legs-around-you” bene opgeskuif. Om dan nie eers te praat van daai twee borste wat dreig om los te breek nie. Tiaan begin glo sy dag word al beter. “As ons net eers hier wegkom, kan jy later met die Majoortjie maak net wat jy wil. Ek belowe.” skree-fluister hy na Juliet se kant toe. Haar van oor-tot-oor glimlag bevestig dat sy hom gehoor het. Tiaan kry eintlik skielik vir André jammer, want hy weet nie of André al ‘n bloeddorstige nympho in sy lewe teëgekom het nie.

Aan die manier waarop Juliet die helikopter beheer, kan mens sien sy is nie net ‘n mooi gesiggie nie. André kan sy oë nie van haar afhou nie en dis nie net omdat sy genoeglik sag op die oog is nie. Iets aan haar wil-wil vir hom bekend voorkom, maar dit beweeg op die buitenste rante van sy geheue. Nes die onthou wil deurbreek, verdwyn dit weer.

Dis meer as ‘n uur later wat Juliet die helikopter netjies neersit op ‘n verlate werf, iewers tussen groen heuwels. Hulle het meesal noordoos gevlieg en André het ‘n vermoede hulle is iewers in Lesotho.

“Ek het vir Paulo laat weet ons is oppad nadat ek jou sms gekry het. Hy sou kom seker maak hier is genoeg voorraad vir ‘n paar dae en hy het ook ekstra wapens laat haal. En wagte om dié twee op te pas, terwyl ek en jy ons reëlings tref. Maar vir vanaand is dit net eers ons vier. Ek soek die vroumens toegesluit in die onderste kamer, maar die Majoor kom in die kamer langs myne” en Juliet kom vlei haarself letterlik teenaan André, druk haar borste teen sy lyf en beweeg dan stadig, tergend met haar vingers oor sy mond, oor sy bors en af, af, af. Toe sy sy reaksie voel, bars sy uit van die lag. “Ai ai, Majoor, ek kan nie wag nie. Ek dink ek en jy gaan heelwat pret hê. Dalk besluit jy nog om minder edel te wees en saam met my weg te loop.”

Sandra lyk asof sy enige oomblik gaan ontplof van woede, maar André kyk eerder nie vir haar nie. Hy is reeds so de moer in vir homself oor sy reaksie, maar hy wonder of hy nie dalk deur saam te speel, twee vlieë met een klap kan doodmaak nie.

Sandra word onseremonieël in ‘n kamer ingeboender. Sy kan sien hierdie huis word dikwels gebruik, waarvoor is sy nie seker nie, maar as sy na die sekuriteit kyk blyk dit dat heelwat mense dalk al hulle laaste ure hier spandeer het. Die kamer is verbasend gerieflik. “Eintlik meer as gerieflik” dink Sandra. Amper soos ‘n vyfster hotel eerder. Definitief ‘n vrou se hand hier betrokke. “Bly om te sien jy approve” sê Tiaan as hy haar in die rigting van die hemelbed stuur. “Wat de moer?” wonder Sandra, “Is hierdie man stapelgek?” Dit is heel duidelik dat Juliet hierdie manne witwarm in die broek het en dat ‘n gemaklike “Nee” nie die ding gaan doen nie. “Ag whatever,” peins Sandra by haarself “que sera sera.” Dit sal darem nie die eerste keer wees wat sy sal moet “fake” met Tiaan nie en saamspeel blyk nie juis ‘n keuse te wees nie en net dalkies kan die situasie iewers in haar guns uitdraai. “Ter wille van oorlewing” dink sy hardop terwyl Sandra die afstandbeheer van die cd-speler probeer baasraak. “Liefling, kan ons nie maar vergeet en vergewe…” koer Gé oor die luidsprekers. Sandra is eintlik naby aan uitbars van die lag toe sy omdraai en die gesig wat haar begroet sou in ander omstandighede die lag in histerie verander het. Daar staan Tiaan, klaar in sy verjaarsdagpakkie en duidelik gereed vir aksie, met ‘n pistool op haar gerig. “Liefling, ek kan nie sonder jou verder lewe, dit weet jy goed……”

Dit het nie veel oorredingsvermoë van Juliet vereis om André te kry om van sy klere ontslae te raak nie. Hy lê huidiglik sonder ‘n draad klere, met sy hande en voete aan die bed vasgebind, oopgespalk soos ‘n man op ‘n middeleeuse martelkonstruksie. Juliet het by ‘n deur in verdwyn. Gedagtes aan wat moontlik gaan volg, is besig om hom tot raserny te dryf en hy voel soos ‘n vyfjarige voor sy verjaarsdagpartytjie. Alle opwinding ys meteens as Juliet by die deur instap, geklee in ‘n swart leer pakkie met opryg-stewels….. en ‘n swart katsweep in elke hand. Uit die aangrensende kamer blêr “Bend me, shape me, anyway you want me….” oor die radio.

(word vervolg…)

3 Responses to “Tandem - hoofstuk 4”

  1. Sjoe, laat ek nou vir julle vertel, as julle ‘eendag’ klaar geskryf het, stuur julle die hele spulletjie vir ‘n uitgewer…. Julle gaan nog rol in die geld!!!!

  2. Sjoe, kan nie wag vir hoofstuk nr 5 nie.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Al die tandem stories « Dellie se Dinge

Leave a Reply