Mens dink jou lewe verander as jy ‘n baba kry. Jy kan nie meer sommer net “up and go” nie. Elke uitstappie is ‘n organisasie van epidermiese proporsies. Pak die doekesak, pak die bottels en formule. Pak, pak, pak. Ek het my nog altyd verwonder dat mens nie tussen al die pakkerasie onthou, soms die baba by die huis vergeet nie!
Probeer nou ‘n hele paar jaar na jou kinders groot en uit die huis is, weer so iets aanpak. Maar die keer kry jy ‘n hond. Dis ‘n perd (of is dit nou hond?) van ‘n ander kleur.
Ek en die Liefie is al vir baie lank gewoond aan opstaan en besluit en ry. Daar is niemand en niks om in ag te neem nie. Behalwe net dat ek nog steeds sy goed moet onthou en pak. So was ek al aspris in die verlede, maar dit het ons gekos van ‘n tandeborsel tot ‘n swembroek vir hom gaan koop by ons bestemming. So, nou is ek maar nie meer aspris nie en ek maak lysies - dit help!
Ek is gewoond aan katte - hulle is onafhanklik. Jy los vir hulle kos en ‘n oop venster en jy waai. Ek is gewoond aan plaashonde. Jy los hulle buite, jy los vir hulle kos en as die kos dalk te min is, kan hulle sommer die plaasvolk eet. Maar ‘n dorpshond!? Ek leer nou van daai ene.
Mila is ‘n hengse plesier, maar ook ‘n helse pyn in die whatever. Sy word nie by die huis gelos nie. Sy is klaar radeloos bederf. Verlede Saterdag is sy vir ‘n uur in die agterplaas gelos, terwyl ons Mall toe was. Sy het besluit, f&*k julle, ek vreet gou twee plante se takke af en ek kou sommer ‘n paar klippe ook.
Dis dus ondenkbaar dat sy een hele aand alleen sal bly. En ek sou vanaand eers die Liefie uitgevat het vir sy verjaarsdag, plekke was klaar bespreek en als. Toe kanselleer die babysitter. Of is dit nou die doggysitter?
So, hier sit ons nou hoog en droog. Dit nadat ons vanmiddag meer as ‘n uur met haar op die strand gaan hardloop het, sodat sy kan moeg wees vanaand en nie te veel van ‘n handvol is nie. Later weet ek nie wie was die moegste nie. Of die meeste vol sand nie.
Nou slaap sy inderdaad, ja. Dalk moet ons ook vroeg gaan slaap
So, as jou kinders groot en uit die huis is - dink mooi voor jy ‘n hond kry! ![]()














July 4th, 2009 at 10:45 pm
Eerste keer dat ek hoor n hond word vir n aand gebabysit!
My ma het regtig eenkeer my suster by die huis vergeet. Darem by die motorhuis agter gekom daar is een snotkop te min.
July 4th, 2009 at 10:47 pm
Terloops, wat doen Mila wanneer julle by die werk is?
July 5th, 2009 at 4:31 pm
Sommer die plaasvolk eet! Jis, maar jy is rof.
July 5th, 2009 at 5:31 pm
Adrie - dis juis die ding - die Liefie het van dag een af besluit hy vat haar saam werk toe, want die arme bloedjie mag nie alleen by die huis gelos word nie. En omdat hy buite werk, is dit maklik vir hom. Maar nou is sy vrot bederf en basies sy siamese tweeling. Sien jy nou hoekom ‘n babysitter nodig is?!
July 5th, 2009 at 5:56 pm
Ek is bang vir baba’s….
July 6th, 2009 at 7:24 am
Ag wat, mens slaap maar sleg in die middeljare in elk geval. Ek sal graag eendag ‘n belowende tiener in die kunste wat erg moeilike kinderjare gehad het, in juis die moeilikste jare van puberteit, wil aanneem en kyk of die mensie kan genees. Dit is al gedoen. Honde en katte is ook altyd welkom in my huis en kombuis. Honde moet ook kan hard blaf en vry kan rond draf. Melkbottels is lekker vir hulle om stukkend te kou en hulle hou daarvan om geborsel te word en ja hulle het baie energie. Ek het daai movie “Marley and me” oor die gesin se jare lange Labrador en eerste “kind”saam met my vier dogters gekyk en snot en trane gehuil toe Marley op hoë ouderdom moes sterf en begrawe word. Dit was beautiful.
Goedgaan Son,
Annora Eksteen
July 6th, 2009 at 7:49 am
Ons moet gereeld my EMM kry om ons Blue-’baby’ te kom ’sit’… Ons beplan laaank vooruit aan ‘n weekend away - ok, ons hoef darem nie ‘n aand-uit te mis vir hom nie - hy vreet darem nou nie die meubels op nie - maar dis ‘n mission: Hy soek ‘n appel en sy bank en dan moet hy mooi toegemaak word onner sy ‘bersie’ en sy daddy vertel hom oor en oor : “soet wees, ons is NOU-NOU terug…” soen oppie voorkoppie tussen die ore en dan as hy so begin grom van al die liefde… dan wip sy pa hom vir hom en stap daar uit, klap ‘n deur toe en mor: “Bleddie ondankbare brak”… met Bluetjie wat al agter hom aanknor…
LOL!! Snaaks, hoe hy tog weet as sussa kom kuier dat ons seker op pad is - en sy bederf hom in die afgrond in - vat hom vir walkies, laat hom op haar skoot lê voorie tv. Dan’s hy in hondehemel! Ek dink soms hy sit ons so en kyk en vra: “Wanneer gaan julle weer bietjie iewers heen, hmmm???”
July 6th, 2009 at 10:28 am
July 6th, 2009 at 12:41 pm
Nee … ek dink my Bull Terrier vat die koek vir babysitting. Iemand moet haar babysit as ek gaan bad of stort! Anders vreet sy whatever sy in die hande kry. Nie EEN oomblik is sy alleen nie. VREET VREET VREET VREET VREET AAN ALLES. Ons gesin moet in beurte gaan uiteet of shopping doen. Die huisalarm kan net sowel uitgehaal word, want hier is altyd iemand by die huis. (Wel …. dit werk darem snags…..want dan lê Mêrrem op die bed en slaap by ons!!!!!!!!!!) Ja ek weet dis verkeerd. Maar nou ja - hulle sê 18 maande - dan word Bullie ‘n plesier - so ons het nog 6 om te gaan. En ek wil dit maar eers met my eie oë beleef of sy gaan ophou vreet aan als. So in hierdie huis sal niemand survive sonder ‘n bulliesitter nie!
July 6th, 2009 at 6:29 pm
Wat ‘n plesier om die komentaar te lees van diere liefhebbers.
“Ja ek weet dis verkeerd.” Nee Mariana, julle is REG. My diere slaap ook net waar hulle wil, soos dit hoort.
July 7th, 2009 at 8:56 am
‘n Hond wat nie in die huis mag slaap nie, is net nog ‘n teiken…
My Bluetjie slaap ini huis - oppie bank met sy eie kombersie. Dis sy plek. en as hy besluit om die trappe te trotseer en baaie chuffed oor sy dapperheid in die kamer ingehol kom, mag hy maar sommer by die voetenent ook inkruip. Is net ‘n bullterrier ini bed issie enige mens se speelmaatjie nie - moenie skielik omdraai in die nag nie!!
Hy sou vir my buite net mooi niks beteken nie - maar ek wil nog die ou sien wat snags deur ‘n diefwering probeer inkom - hy sal in repies ingehelp word, ja. ‘n “Buite”hond beskerm net sy territory - ‘n “Binne”hond beskerm sy mense.
July 7th, 2009 at 5:40 pm
Het jy al Marley and Me gesien? Ek dink elke honde eienaar is van vooraf lief vir hulle brak na hulle die movie gekyk het. Geen hond kan erger wees nie
July 18th, 2009 at 11:11 am
Ja ek maak ook die honde snags toe met komberse in die huis dan slaap hulle ook rustig en warm.
July 18th, 2009 at 11:12 am
ja Marley was baie erg… als stukkend gekou!