Sonkind on September 9th, 2009

Beide Demoerin en Doringrosie wil hê ek moet hulle in EEN woord beskryf. En altwee van hulle het juis so baie fasette, so eintlik gee hulle my ‘n lekker tameletjie. Maar ek gaan mos nie vir maklik nie - daar is dié wat my ken wat dit al te goed weet.

Okay Demoerin - jy was eerste: Vir my is jy

KOMPLEKS

Moet ek ook verduidelik? Ek dink nie so nie. Go figure ;-)

Adrie - ek dink jy is

HARDKOPPIG

Ek is seker ek hoef nie daai een te verduidelik nie :lol:

Okay - of julle nou daarvan hou of nie - ek tag die volgende boggers om my in een woord te beskryf (arme mense!)

BiB

BeeBee

Kaneels

Kry vir julle!

20 Responses to “Two in One”

  1. Son

    Jy is baie diplomaties om net te dink ek is hardkoppig. :lol:

    Vader is hardkoppig, Moeder is hardkoppig - sien? Die is geneties. :mrgreen:

  2. Nee man, ek het genoeg huiswerk op die oomblik!

  3. EEN woord BiB, EEN woord - hoe moeilik kan dit wees? :twisted:

  4. Kompleks of effe vol stront onse oukie??? :roll:

  5. Sonkind, ek gaan ‘n kans vat en sê “astrant”, want jy tag my sommer of ek nou daarvan hou of nie! :D
    Om op te maak daarvoor moet ek byvoeg jy is wys, sagmoedig, maar ook sterk, omdat jy vir jouself opgestaan het en teen onregverdigheid baklei. ‘n Kind van die Son is ook spontaan en gee vir die mense om haar van haar warmte.

  6. :lol: Dit is die stemme in my kop wat dit aan my doen. Maar jy is reg.

  7. Well then Oukie….. Let me be the voice of reason then….. ;)

  8. Jy’t ook huiswerk, maar kan dit sommer in comment vorm los! Thanx

  9. Kaneels - kan ek sê dis vir my ‘n kompliment om ‘astrant’ genoem te word? :lol: Kleintyd het my pa my onder andere ‘Nukke’ gedoop.

    Dankie vir die res van jou woorde - ek dink jy is ‘n ou siel in ‘n jong lyf ;-)

    DMI - as ek meer as een woord kon gebruik, sou ek INTERESSANT bygevoeg het

    Girl - ek sien hier kom ‘n ding. ;-)

    Adrie - jy is ook LOJAAL - maar dit weet jy natuurlik, né

  10. Jammer vir die spam, maar as ek moeite gaan doen soek ek lesers. Lees meer oor Suid-Afrika se tweede satelliet, SumbandilaSat, se lansering op die 15 September op my blog. Elke dag tot die lansering sal daar ‘n satelliet-verwante inskrywing wees.

  11. hiehiehiehie…. watse ding Son? Die man is dan horende doof EN siende blind! ;)

  12. Testing…

  13. Waaahahaha!! die dinder weet!! als wat ek tik verdwyn, tot ek die plank uithaal - en myself aanhoudend daarmee oorie kop neuk - THEN it shows!! :roll:

  14. Wat ekke wou seg: Ek het dit nou al vir Kaalvoete gesê: dis meeste b(l)oggers kies wragtig die één woord of frase wat so die spyker oppie kop tref, dat ek nie ander (beter) woorde kan uitdink nie. Jy lyk soos son as jy smile, Son! Jy voel soos son as mens langs jou sit, Son! en ek sweer jy ruik selfs soos son, as mens son kon ruik! Ek hoop jy hou daai son binne jou aanie brand allie dae van jou lewe! Die kind gedeelte is ook maar netso vanselfsprekend/selfverduidelikend - it’s always stayed inside you; you’ve managed to keep it alive and you will be an awesomely ‘young’ old girl one day if you keep looking after it… x

  15. BB - ek hettie woorde nie :oops: Dis die mooiste woorde. Baie dankie!

  16. Hmmm

    Ek skuld jou seker ook nou n woord. Laat ek gaan dink.

  17. Okay, dit is ‘n amper onmoontlike taak om net een woord aan jou toe te ken. Hier is die kortlys:

    Rots - Elf het eenkeer genoem dat sy altyd by jou sal veilig voel. Dit was die coolste kompliment wat ek nog gehoor het.

    Liberaal - no explanation needed

    Storieverteller - Daar is min mense wat ‘n storie soos jy kan vertel. Jy hou ‘n mens vasgenael en daar is altyd ‘n dik streep humor.

    Fonteintjie - Almal wat jou ontmoet het sal weet waarvan ek praat.

    Selfdenker - jy spring nie op almal se bandwagons nie, maar dink vir jouself wat die beste mening sal wees.

    Die wenner is . . . . .

    Blogikoon

    Alle bababloggertjies wil eendag ‘n blog soos Sonkind s’n he.

  18. Adrie - ek is speechless. En dit wil nogal gedoen wees, hoor - om my sprakeloos te kry. Dankie, baie, jou woorde raak my hier diep binne, hoor.

  19. Ek dink Adrie is offisieel… Jou grootste fan! ;)

    :( … En ek kry net een woord! :roll:

  20. :lol: @ bababloggertjies! Dis regtig snaaks!

Leave a Reply