Plaasjuppie het met hierdie idee vorendag gekom, nadat sy Muse ge-awol het. Natuurlik is ek toe voor op die wa en stel voor hy maak ‘n tag-game daarvan. Toe draai hy die kaarte mooi om op my en “dare” my om dit te doen.
Nou, as daar een ding is wat hierdie ‘astrant’ (Kaneels sê mos ek is) nie kan weerstaan nie, dan is dit ‘n “dare”.
So, dit werk so:
Enige iets wat jy nog ooit van die Sonkind wou weet, maar te ordentlik of onordentlik was om te vra, doen dit nou. Speak! Or forever hold your peace. Jy moet jou vraag / vrae in die kommentaar boksie los en ek moet antwoord - daar of in ‘n inskrywing as daar baie vra is. As ek vir een of ander rede nie wil antwoord nie moet ek ‘n snaakse storie opmaak om te vergoed.
As jy te skaam / ordentlik is om onder jou eie naam te vra, feel free to go Anonymous.
En natuurlik is daar ‘n stertjie.
Ek tag vir Girl met die dimpel - ek HET jou gewaarsku, né
En - ta da ta da - vir Vlam - ooohh, ek weet jy gaan my HAAT, maar ek kon myself nie help nie, ek is mos ‘n Skerpioen! He he he he
Mooi speel!














September 10th, 2009 at 8:17 pm
Enige iets?
1. Het jy al jou panty om te eet gekies gehad?
2. Watter sport het jy op skool gedoen?
3. Hoe het jy jou kinders se name gekies?
4. Wat was jou grootste fout as ouer?
5. Wat was die eerste werk na die army gewees?
6. Wat beskou jy as stoute onderklere?
7. Wat was die geklikste wat jy al gevoel het?
8. Waarvoor wou jy al jou tong afgebyt het?
9. Wat was jou grootste modeflater?
10. Sal ek vir jou eerder email.
September 10th, 2009 at 8:20 pm
Bwahahaha - Ja, Adrie, trust jou om te vra
Jy kan my mail ook as jy wil, en hierdie baie vrae verdien beslis ‘n hele inskrywing. Sover is daar niks waarvoor ek ‘n storie sal moet opmaak nie. Kom ons kyk hoe kreatief is die ander
September 10th, 2009 at 8:29 pm
Sorry vir die turnaround! Maar ek is mos ook ‘n skerpioen. En ‘n skerpioen is mos maar soos ‘n skerpioen is . . . and you left yourself wide open for it.
Let the games begin!
September 10th, 2009 at 9:04 pm
#$%^%$%^$!!!
Ek gaan jou bedank met ‘n paar stunning vrae.
Laat ek net my kop reg kry.
September 10th, 2009 at 9:41 pm
Is jy seker hieroor?
September 10th, 2009 at 10:06 pm
1. Het jy enige tattoos? Indien wel, waar, hoe oud en wat is dit? En wat het jou besiel?
2. Wat dink jy REGTIG as jy ander mense (my) se swak Afrikaans lees? Jy’t mos self al gese dis iets wat jou…eh…uitfreak?
3. Het jy enige (ENIGE) verslawings? Drank, rook, tjoklits, dobbel, seks…
4. Jou swakste karaktereienskap is…? En moenie dit glamourfy nie!
5. Jou grootste fout wat jy nog gemaak het?
6. Die EEN ding in jou lewe waarop jy die trotste is?
7. Presies wat doen jy vir jou brood en botter? Geniet jy dit?
8. Waar/hoe sien jy jouself oor 10 jaar?
9. Het jy ‘n gereelde oefenprogram? Wat?
10. Wat is jou gunsteling, flatervrye mince resep? (Ek’s die mince queen en altyd idees nodig.)
September 11th, 2009 at 3:18 am
Ekke sal moet gaan dink oor die ene…Laat die son net eers sy kop uitsteek!
September 11th, 2009 at 5:27 am
Hierdie gaan interessant raak…ek sal bietjie dink oor wat ek wil vra…
September 11th, 2009 at 7:05 am
GGG! (Goeiste genugtige genade!!!) - Ek het wragtig nie nog vrae nie - ek sal maar wag vir jou antwoorde… (en die wat ek mense sou wou vra, weet ek nie aldag of ek regtig egtig die antwoorde sou wou weetie
)
… Ekke sidder klaar vir die antwoord!!
Sal jy sommer Adrie se 1ste vraag ook verduidelik??
“1. Het jy al jou panty om te eet gekies gehad?” HUH??
September 11th, 2009 at 9:00 am
Hiehiehie…. Ek wens nou ek het jou beter geken…
1. Het jy al ooit drugs gedoen?
2. Hoe lank bly jy al in die moederstad en hoekom daar?
3. Die mooiste woorde wat jy al ooit gehoor het?
4. Die mooiste song wat jy nog nooit gehoor het?
4. As jy ‘n super power kon he wat sou dit wees?
5. Is jy bang vir die dood?
6. Hoe het jy op Mila die naam besluit?
7. Hou jy van jou regte naam? As jy ‘n ander een kon kies wat sou jy kies?
8. Is Andrew regtig gay?
9. Hoekom was jy in die Army? EN het jy dit geniet?
10. Hoekom het jy begin blog?
11. Is jy liggeraak? Voel jy maklik sleg oor iets?
September 11th, 2009 at 9:41 am
Wat irriteer jou?
Sal jy ‘n bearded dragon vir ‘n pet aanhou?
Lees jy fiction?
Wie is jou gunsteling skrywer(s)?
Hou jy van tjoklits?
Wat is jou verslawings?
G-string, bikini, brief, boy-cut of high cut? Of glad nie?
Kry jy PMS?
September 11th, 2009 at 4:18 pm
Mmmm, laat ek nou bietjie dink -
Wat laat jou gril?
Het jy enige kos-fiemies?
Kan jy al jou kitaar speel?
September 11th, 2009 at 9:15 pm
Dame…Ek weet nie vir wie ek moet swets nie!
September 11th, 2009 at 11:34 pm
Girl - hoekom?!
September 12th, 2009 at 12:50 am
Nie regtig kwaad nie… Promise…
Diep in my hart loooovvveeee ek tag speletjies!
September 12th, 2009 at 1:01 am
Ek is net speel-speel kwaad… Belowe
Eintlik loooovvvveeee ek alle tag speletjies! Ek het net nie gedink die belangstelling gaan so oorweldigend wees nie
(Ignore die mobile comment in moderation…)
Ek gaan more by daai hairdresser sit en lekker vrae deurwerk!;)
September 12th, 2009 at 7:45 am
Ek het nog een vragie.
11. Wat noem jy jou ma? En wat noem jou kinders jou?
September 12th, 2009 at 6:02 pm
Hoekom het jy die inskrywing oor jou pette uitgevee?