Sonkind on October 22nd, 2009

Seisoene kind het my ge-tag om te vertel hoe maak ek my eie You Tubes. Ek het lank terug al bietjie gespeel met my eie videos, toe ek op ‘n dag ‘n Afrikaanse song soek en nie kan kry nie. Net daar het ek besluit ek maak sommer my eie een. Met sukkel en ‘n paar vloekwoorde en heelwat flops, het ek dit naderhand reggekry en deesdae is dit een van my stokperdjies. Veral met Afrikaanse musiek, waarvan daar nog maar net ‘n druppel in die emmer op You Tube te kry is.

Heel eerste moet jy natuurlik ‘n You Tube account hê. Gaan na http://www.youtube.com en volg net die aanwysings om een te skep, dis net so maklik as wat dit is om ‘n gmail adres te kry.

Gaan lees ook hier How to get started, of hier vir die You Tube handbook. Dit gee jou natuurlik baie meer breedvoerige inligting. Ek gaan jou net in kort verduidelik wat ek nog sover gedoen het met al my videos. Die program wat ek gebruik, is baie basies. Ek maak ook meesal net van stil foto’s gebruik, maar mens kan ‘n tuisvideo ook gebruik. Daar is natuurlik baie ander meer ‘fancy’ programme waarmee jy videos kan maak. Basies kan jy enige tipe video op YouTube upload, mits dit nie groter as 2GB is nie, en ook nie langer as 10 minute nie.

Om die video te maak, gebruik ek Windows Movie Maker. Soos ek reeds gesê het, daar is baie ander programme wat jy kan gebruik, maar Windows Movie Maker het ek saam met my Windows gekry, pasella. Ek neem aan dis deel van Windows XP.

Voor ek begin, het ek natuurlik die liedjie wat ek wil maak, op my rekenaar gelaai. Ek besluit dan of ek ‘n spesifieke tema wil gebruik, soos dolfyne, of sonsak tonele. Andersins probeer ek images kry wat by die woorde van die lied pas. Ek google vir hierdie images, of gebruik partykeer my eie foto’s. Maak maar seker van kopiereg as jy foto’s van Google gebruik. Daar is egter derduisende foto’s wat jy kan gebruik, sonder enige probleme. Die grootste ding met kopiereg is dat mens nie ander mense se foto’s mag gebruik en finansiëel daaruit mag baat nie, wat tog nie hier die geval is nie.

Dit het ook al gebeur, met een van my Engelse You Tubes, dat daar kopiereg op die musiek ge-claim word, maar al wat die maatskappy dan doen, is om jou in kennis te stel daarvan. Jy  hoef niks te doen nie, hulle boodskap lyk gewoonlik so:

“No action is required on your part. Your video is still available worldwide. In some cases, ads may appear next to your video.”

Mettertyd het ek geleer die beste grootte vir die images is 500 x 400 pixels (en NIE andersom nie!). Ek maak die images oop met Microsoft Office Picture Manager, gaan na Edit Pictures, dan Resize ek dit tot dit so na as moontlik aan die regte pixels is, en vir die laaste bietjie afronding, Crop ek dit. Dit sal nou nie doodmaak as dit bietjie groter aan die een of ander kant is nie.

Wanneer jy dus al jou images en jou song reg het, maak jy Windows Movie Maker oop. Onder hofie 1. Capture Video is daar ‘n opsie Import Audio or Music. Kliek hierop en trek jou song in. Onder dieselfde hofie is Import Pictures. Kliek hierop en trek al jou images in. Nou behoort jou song en jou images voor jou te lê. Heel eerste trek jy dan jou song af na Audio / Music onder in die middel (as daar Show Timeline staan, kliek daarop, sodat dit verander na Show Storyboard). Daarna trek jy jou images een vir een af na Video (net bokant Audio/Music) en pas die images aan by die musiek. Jy kan jou images groter of kleiner trek, na gelang van hoe lank jy wil hê dieselfde image moet wys.

As jy al jou images ingesit het en alles loop mooi saam met jou song, kliek op Save to my computer onder hofie 3. Finish Movie en volg die stappe om die klaargemaakte video op jou rekenaar te save. Jou video is nou klaar.

Nou log jy in op jou YouTube account. Kliek op Upload (geel blokkie bo regs). Op die volgende skerm kliek op Upload Video (nog ‘n geel blokkie), kliek op jou pasgemaakte video en Voila! Nou moet jy net rustig wag - en moenie enige iets anders op ander programme op jou rekenaar probeer doen terwyl dit hiermee besig is nie - dit vat gewoonlik nie veel langer as 10 minute om te laai nie, afhangende van jou internet spoed. Terwyl dit laai, kan jy die details invul in die aangewese blokkies, soos die naam, die tags en ‘n beskrywing, as jy wil.

Sodra dit vir jou wys die video is suksesvol gelaai, sal dit nog ‘n paar minute vat, waarin dit geprosesseer word. En daarna is dit DAAR - vir die wye www om te luister!

Seisoene kind, ek hoop jy is tevrede met my huiswerk :lol:

Ek tag dan nou weer vir Zee. Zee, verduidelik asb vir my en dalk ander ook wat wonder, hoe kry jy daai oulike figuurtjies van Betsie Boop (ek dink?) regs op jou blog. Pretty please.

5 Responses to “Vir Seisoene kind”

  1. Dit lyk baie interessant… Dink ek moet dit probeer.

  2. Hey sonkind

    eerste keer ek jou besoek en ek like jou blog :)

    Liefdetjies

  3. Gmmmf…. gaan maak ek toe nou ‘n kiekie-video… maar ek glo nie ek het die foto’s klein genoeg gemaak nie…. die file wil nie eers iewers heen e-mail nie :lol: Back to the drawing board!

Trackbacks/Pingbacks

  1. Sonkind se “Pretty Please” « Zee Se Scribbles
  2. Moenie « vier seisoene…

Leave a Reply