Ek is so ver agter met my huiswerk, ek sal nog ‘n rukkie vat om als in te haal
Zee tag my om my “brands” bekend te maak en toe kom Soldaat ook nog en tag my vir my mosaiek, so ek slaan nou twee vlieë met een klap dood.
BRANDS:
Tandepaste? Aquafresh Mint
Wasgoedseep? Bio Classic
Skottelgoed seep? ICU
Lyfseep? Elizabeth Anne babaseep
Parfuum? Dior se Pure Poison of Charlie blou
Tjoklit? Orange Flake
Tjips? Kaas Bubbles
Kougom? Mango & Lime Stimorol
Aanmaakkoeldrank? Ceres in die kannetjies
Grocery Winkel? Checkers
Kar? Toyota RunX
Klere? Foschini
Bank? Nedbank
Selfoon? Nokia
Computer? HP Entertainment
MOSAIEK:
Die foto’s in die mosaic is antwoorde op die volgende vrae:
Wat is jou naam?
Wat is jou gunsteling kos?
Watter hoërskool het jy bygewoon?
Wat is jou gunsteling kleur?
Watter vermaaklikheid ster is jou gunsteling?
Jou gunsteling drankie?
Jou droom vakansie?
Gunsteling nagereg?
Wat wil jy wees wanneer jy groot is?
Wat in die lewe het vir jou die meeste waarde?
Een woord om jouself te beskryf?
Jou blog/flickr/chat naam?
Teen die tyd ken almal seker al die mosaiek speletjie. Dit werk so:
Gaan eerste na Mosaic Maker toe. Kies daar jou kolomme (3) en rye (4). Maak Flickr se search bladsy oop in ‘n aparte venster. Tik dan die antwoord van elke vraag in en kies een foto van DIE EERSTE bladsy, en copy sy url in die mosaic maker se spasies. Wanneer jy klaar is, save die hele prentjie na jou rekenaar. Daar is ‘n SAVE button. Upload dan die mosaic soos ‘n gewone foto in jou post. Aan die onderkant sal jy ‘n code kry wat jy by die HTML deel van jou post paste, om erkenning te gee aan die foto’s wat jy gebruik.
Ek is natuurlik agteros in die kraal, so almal wat hier lees en nog nie getag is nie - consider yourself tagged - sommer vir albei tags!
Erkenning vir fotos:
1. “Saint Joan” starring Anne-Marie Duff 4, 2. The real cost of food, 3. oil painted sky, 4. Blue ice cave at the Jostedalsbreen glacier, 5. Non è un paese per vecchi, 6. My Friend Jack, 7. Fred R. White passes St. Helena Light, 8. Cherry Trifle, 9. when I grow up, I want to be a lawyer or a judge…, 10. The Chesil Beach at Portland - Jurassic Coast World Heritage Site, 11. S t u b b o r n *, 12. Sunchild















August 5th, 2008 at 9:05 pm
Ek hou baie van jou mosaiek.
August 5th, 2008 at 9:05 pm
Hi Sonnie
Mmm Dior se pure poison ruik giftig!!


Ek hou baie van jou prentjies! Veral prentjie nr 11
Ek gaan nou in die kas grou of hier nie dalk ‘n flake met my naam op is nie!!
August 6th, 2008 at 7:46 am
Jou mosaik is amazing!! Daai nr 9…. Ek wil ook tjoklits hê!
August 6th, 2008 at 8:28 am
Pragtige mosaiek Sonkind.
Babaseep ruik darem maar lekker nê!
August 6th, 2008 at 9:11 am
Ek dink jy het die mooiste blog-naam foto. Ek het ook ‘n blou-grot! Skool naam?
August 7th, 2008 at 10:50 pm
Demoerin - die skool is De Kuilen (Kuilsrivier)
August 8th, 2008 at 8:30 am
Mooi! Omtrent elke meisie het roomys as gunsteling nagereg!
August 8th, 2008 at 1:31 pm
Woohoo! Nog ‘n roomys girl.
August 8th, 2008 at 5:43 pm
Daai issie roomys nie! Daai is TRIFLE! Ek eet mos nie roomys nie
:lol:
August 12th, 2008 at 10:23 am
Must say I liked your photo meme more than most. Loved pics 4,9, 10 and 11, especially 11 though. As to the other, Aquafresh toothpaste, perhaps not, that and Mentadent P, don’t like either. I’m a Colgate user. Funny how loyal we are to our brands, eh? In fact, the only thing we have in common on that list is our soap powder, and where we buy it
August 13th, 2008 at 9:58 pm
YES! Nog ‘n Jack-maatjie! Kookwater! Ons moet ‘n slag ‘n ou botteltjie deel!