Sonkind on April 8th, 2008

Da Mario skryf ‘n post oor bloggers wat “missing in action” gaan, vir verskeie redes, soms net vir ‘n wyle, omdat ander dinge, soos ‘n mooi girl in sy geval, hul aandag opneem. En soms vir altyd, dalk omdat hulle aan blog-uitgebrand siekte lei.

Mnr Muller weer, het my geleer van haiku’s skryf. Die eerste reël is 5 lettergrepe, die 2de is 7 lettergrepe en die 3de weer 5 lettergrepe en dit hoef nie te rym nie. Toe kombineer ek nou die twee en siedaar:

Bloggers wyd en syd

Met hul woordkuns wyd verspreid

Nou hier, more uit.

Skryf ‘n haiku oor blogging of bloggers, sommer net vir die lekker, as jy wil. Ek gaan niemand tag nie, ek “challenge” julle eerder.

6 Responses to “Blog Haiku”

  1. BB sal vir jou goeie haiku skryf, maar hier is my poging…

    Leeg soos ‘n vakuum
    die woordstoot brigade stil
    waar is jou post man?

  2. Dis vrek cool! Ek gaan ook probeer! Watch out, Da! ;-)

  3. Ons ken mekaar nie
    Al praat ons soms met mekaar
    Tog - daar is ‘n band

  4. ooooh, nice haikoes, julle :-)

Trackbacks/Pingbacks

  1. Blog Haiku « Die Gestorwe Soldaat
  2. Sonkind se uitdaging! « Pikkelik se Blik

Leave a Reply